Twee sussies oorlede, man op borg – saak uitgestel

Deel hierdie storie / Share this story

Nurah (2) en Nishaat (6) Thomas is op Vrydag 3 Maart 2023 dood toe ‘n taxi hul familiemotor getref het.

FiND It het voorheen berig dat Nishaat met impak aan haar beserings bewyk het en dat Nurah later in die hospitaal oorlede is.

Women For Change sê die 22-jarige taxibestuurder was na bewering nie in besit van ‘n geldige lisensie nie en die taxi was ten tyde van die ongeluk volgelaai met passasiers.

Hy is op 11 Maart 2023 by sy huis in hegtenis geneem en vir strafbare manslag aangekla.

Op 16 Maart 2023 is hy op R3 000 borg vrygelaat op voorwaarde dat hy nie die Mitchell’s Plain-area mag binnegaan nie. Hy is ook verbied om te bestuur, aangesien hy na bewering nie in besit is van ‘n geldige bestuurderslisensie nie.

Die saak is tot 21 Junie 2023 uitgestel.

Lees meer hier:

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel