Nishaat (6) en Nurah (2) Thomas was Vrydag 3 Maart 2023 in ‘n ongeluk op die hoek van Wespoort- en Merrydalelaan in Portlands, Wes-Kaap, betrokke, waartydens Nishaat met impak gesterf het en Nurah twee dae later in die hospitaal.
Kaptein Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap sê met aankoms op die toneel om 16:30 is ‘n Opel Corsa en ‘n Toyota Quantum-bussie gevind wat in ‘n ongeluk betrokke was,.
Die twee minderjarige sussies het saam met hul pa, Abduragmaan Thomas in die Opel Corsa gery. Hulle is na ‘n hospitaal vervoer waarna die oudste dood verklaar is, terwyl die tweejarige met ernstige beserings opgeneem is.
Sy het Sondag aan haar beserings gesterf.
Mariam Armien Sterras het 5 Maart ‘n Facebook-plasing gemaak waarin sy gesê het die sussies is vier jaar en twee maande uit mekaar gebore en het twee dae uit mekaar gesterf.

Mitchells Plain-polisiestasie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag.
Enigiemand wat kan help met die ondersoek kan Stop Misdaad by 08600 10111 kontak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



