Ronald Rikhotso (27) het Saterdagoggend 18 Maart 2023 omstreeks 08:00 in die Groot Letabarivier in Nwamarhanga, Limpopo, ná ‘n doop-seremonie verdrink.
Kol. Malesela Ledwaba sê gemeenskappe en veral godsdienstige groepe word gemaan om versigtig by damme en riviere tydens seremonies te wees.
Die priester was glo klaar met die godsdienstige rituele wat langs die rivier uitgevoer is.
Rikhotso is na bewering terug na die rivier om water te gaan haal toe hy glo gegly en verdrink het.
Sy liggaam is deur polisie se provinsiale soek-en-reddingspan uit die rivier gehaal.
Lt.genl Thembi Hadebe maan lede van die gemeenskap om versigtig te wees wanneer damme en riviere vir enigedoel, insluitend godsdienstige aktiwiteite, gebruik word.
Die polisie-ondersoek duur voort.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



