Kyk: Sorina aka Flooze ‘n vurige rugby-mamma

Deel hierdie storie / Share this story

Sorina, oftewel Flooze, sangeres, het op sosiale media beken dat sy ‘n vurige rugby-mamma en ondersteuner is.

Haar man het haar daarop attent gemaak dat sy miskien dalk ook té vurig geraak het met haar reaksie tydens ‘n vorige wedstryd.

Dit is volgens haar nie wie sy werklik is nie.

Sy het gesê dat sy haar hierdie keer sal gedra, alhoewel die vlaggies in die pad was.

Is jy ook een van daardie mammas of pappas wat die wedstryd passievol langs die veld “speel”?

Lees hier wat sy sê:

Hierdie keer was ek n voorbeeldige Mamma, of was ek?! Besluit maar self…

Ps. Die vlaggies was wel heeltyd in my aura en ek wou dit skelm skuif want ek voel so ver van die aksie af. Volgende keer vat ek n sker saam, hahahaha.

‘n Shoutout vir die Mammas saam my langs die veld: “Tjo-Mamma, JY is n champion”

#tjommajysnchampion

#tjommachampion

#chommachampion

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel