VF Plus help vermeende selfoondief in Kimberley vastrek

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Jacques Potgieter deel foto van seun by eerste bulletjie-rugbywedstryd

Die oranje voertuig waarmee die VF Plus se Noord-Kaapse organiseerder, Wilhelm Reichert, sy werk doen, is ʼn bekende gesig op die provinsie se uitgestrekte paaie. Donderdag het dit egter ʼn nuwe rol gespeel toe Reichert dit gebruik het om ʼn beweerde selfoondief vas te trek.

Reichert was besig om te werk toe hy ‘n skoolmeisie van Hoërskool Adamantia hoor skree. Met sy aankoms op die toneel het Reichert se buurman reeds die meisie te hulp gesnel. Haar selfoon is gesteel deur ʼn verdagte wat daarmee weggehardloop het. Reichert het onmiddellik die buurtwag in kennis gestel en in sy voertuig, liefderyk “Die Nartjie” genoem, gespring en die verdagte ingejaag.

Met die hulp van die gemeenskap, ‘n plaaslike besigheid se werknemers en polisie wat gou op die toneel was, is die verdagte in sy spore gestuit en die selfoon is by hom gevind.

Hierdie voorval wys hoe ʼn gemeenskap wat deur buurtwagte en ander instellings saamstaan, die polisie kan help om misdaad te voorkom.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel