Emmanuel Jordan (Manie) (10) van Mitchells Plain, Wes-Kaap, is Saterdag 11 Maart 2023 doodgeskiet.
FiND iT het voorheen berig van die seun wat doodgeskiet is.
Keep The Energy sê hy is na bewering deur ‘n welbekende bendelid geskiet.
Volgens hulle het die beweerde bendelid agter die Toyota Hilux-bakkie, waarop Emmanuel en twee van sy beste vriende agter op die bak gesit het, aangehardloop. Hy het glo op hulle geskiet en Emmanuel is getref.
Geen arrestasies is gemaak nie.
Lees die vorige berig hier:
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



