‘n Seun (9) is Saterdagaand in Dahliastraat, Mitchells Plain in die Wes-Kaap, doodgeskiet. Hy is in die kop geskiet.
Kapt. Frederick van Wyk sê polisielede het om ongeveer 22:00 op ‘n moordklagte by Mitchells Plain se distrikshospitaal gereageer.
Die slagoffer, ‘n minderjarige seun, is met aankoms by die hospitaal dood.
Nog geen arrestasies is gemaak nie. Samora Machel-polisiestasie ondersoek die moordsaak.
Enigiemand met inligting kan die polisie by Stop Misdaad kontak 08600 10111.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



