“Ek is bekend as die besope student wat op Babalo se besittings geürineer het,” vertel Theuns du Toit in ’n eksklusiewe onderhoud met AfriNUUS. “My onverantwoordelike optrede deur heeltemal te veel te drink definieer egter nie wie ek is nie.”
Du Toit vertel dat hy nie veel van die aand onthou nie, maar in persoon vir Babalo verskoning gevra het.



