Twee verdagtes dood in skietery met polisie

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook; Rugbyspelers ná klubwedstryd glo met gebreekte bottels gesteek

Twee verdagtes wat glo by ‘n roof betrokke was, is Maandag in ‘n skietery met die polisie in Olifantsfontein, Gauteng, dood.

Die polisie het inligting ontvang dat die verdagtes ‘n roof en kaping beplan en het hulle voorgelê. Die verdagtes het op die polisie geskiet, waarna teruggeskiet is.

Twee verdagtes is dood en ‘n derde is beseer. Die voertuig waarmee die verdagtes gery het, is glo vroeër die maand in Sandringham gekaap en het ‘n vals registrasienommer gehad.

Bronne: eNCA, SABC News, Herald Live

Lees ook: Sekuriteitswag skuldig bevind aan moord op eks en haar ma