Rugbyspelers ná klubwedstryd glo met gebreekte bottels gesteek

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Verdagte in Oos-Kaapse massaskietery in hegtenis in Soweto

Net na die eindfluitjie geblaas is in die wedstryd tussen Harlequins PE en Jeffreysbaai het woedende toeskouers die veld bestorm en glo van die rugbyspelers met gebreekte bottels gesteek.

Volgens Algoa FM ondersoek die polisie ’n “saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer”.

Van die toeskouers het glo drie Harlequin-spelers met gebreekte bottels gesteek na die Harlequins Jeffreysbaai 24-22 in die Super 14-wedstryd gewen het. Die beseerde rugbyspelers is na ‘n hospitaal geneem vir behandeling.

Die Oos-Kaapse provinsiale rugby-unie het die Jeffreysbaai-rugbyklub geskors tot die ondersoek voltooi is.

Bronne: IOL, Algoa FM, SA Rugby Magazine

Lees ook: Verdagte in Oos-Kaapse massaskietery in hegtenis in Soweto