Lees ook: Massaskietery by partytjie in Kwazakhele, Gqeberha
’n Man (34) wat na bewering deel was van ’n massaskietery in die Oos-Kaap in Februarie is in Soweto in hegtenis geneem.
Die verdagte het glo gevlug na die massaskietery in Qunu op 1 Februarie 2023 waarin sewe mense, insluitend vier mans en drie vrouens, oorlede is. Die vuurwapen wat glo in die moorde gebruik is, is ook gevind.
Die verdagte sal na verwagting Dinsdag in die Mthatha-landdroshof verskyn op sewe aanklagtes van moord.
Bronne: IOL, Road Safety, VN Explorer
Lees ook: Massaskietery by partytjie in Kwazakhele, Gqeberha



