TikTokker trou met eks se pa

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: TikTokker trou met stiefpa

‘n Vrou op TikTok se video het viraal geraak met die opskrif “POV: Jy trou met jou eks-kêrel se pa” en die  byskrif “Hy hou van hulle jonk”.

In die video lyk dit of die vrou besig is om reg te maak vir haar troue terwyl mense haar help om haar rok en hooftooisel aan te trek.

In die opvolgvideo is die opskrif: “POV: Jou vriende spot jou op jou troudag want jou eks is nou jou stiefseun”.

In een van die video’s sit sy langs ‘n man wat blyk haar eks te wees met die opskrif: “POV: Jy en jou stiefseun kom goed oor die weg en hy respekteer jou as sy pa se nuwe vrou”.

Bronne: IOL, Ghanamma, VN Explorer, TikTok

@wuunnam

He likes them young 😁

♬ original sound – Right It’s Alex

Lees ook: TikTokker trou met stiefpa