TikTokker trou met stiefpa

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Koning Charles gee glo Harry en Meghan se VK-huis vir prins Andrew

’n Video op TikTok van ’n pasgetroude paartjie wat passievol soen, het opslae gemaak met die opskrif “Om met my stiefpa te trou is die beste besluit wat ek nog ooit gemaak het”.

Die kort video het die wenkbroue laat lig met hashtags soos #MarryYourMomsEx #itsworthit #agegap. Dit het 19 miljoen kyke gekry met baie gebruikers wat hulle menings gedeel het oor hoe vreemd hulle dit vind.

TikTokker Christy het in ’n opvolgvideo gesê hy het haar nie grootgemaak nie en sy was nie ’n minderjarige toe hulle ontmoet het nie. Sy het ook gesê hy het nie kinders saam haar ma nie en dat sy en haar ma steeds praat.

Bronne: IOL, Your Tango, Briefly, TikTok

#vegas #marryyourmomsex #itsworthit #marriage #agegap | TikTok

Lees ook: Verkeersbeampte in hof vir afpersing