Lees ook: UK se vise-kanselier op spesiale verlof geplaas
Die Universiteit van die Witwatersrand het aangekondig dat hulle studente geskors het wat die universiteit se reëls oortree het deur aan betogings deel te neem.
Sommige van die studente het glo verskeie kere eksamens gefaal of befondsing verloor en het geëis dat hulle ten spyte daarvan geregistreer moet word.
Infrastruktuur is beskadig, paaie blokkeer, winkels gesluit en lesings onderbreek tydens die betogings in die strate van Braamfontein die week.
Die studente het geëis dat finansiële uitsluiting beëindig moet word, dat die perk op koshuistoelae van NSFAS geskrap moet word en die gebrek aan verblyf reggestel word.
Bronne: Times LIVE, Wits, IOL, VOC FM



