Ma kleur seun (5) se hare want ‘onafhanklikheid en eksperimente is deel van grootword’

Deel hierdie storie / Share this story

Sal jy jou vyfjarige se hare kleur?

‘n Ma van Folkestone, Kent, in die VK, loop onder kritiek deur nadat sy haar vyfjarige seun se hare al die kleure van die reënboog gekleur het om “selfuitdrukking en onafhanklikheid by hom te bevorder”.

Die 22-jarige Charlie Hayes sê meeste negatiewe kommentaar is aanlyn, en dat ouers by haar seun se skool haar gewoonlik loof vir haar unieke styl en manier van dinge doen.

Daily Mail berig Hayes is ook al glo van kindermishandeling beskuldig omdat sy haar seun toelaat om sy hare lank te dra.

“Selfuitdrukking en besluitneming is die kern van ons identiteit.

“Om van jongs af met jou styl te eksperimenteer, moedig myns insiens onafhanklike denke aan.

“Hy kan dalk terugkyk wanneer hy ouer is en verleë of simpel voel, maar dit is ‘n integrale deel van sy reis as ‘n mens.”

Lees meer hier.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel