‘n Driejarige dogtertjie het haar vierjarige sussie Sondagaand per ongeluk by hulle huis in Texas in die VSA doodgeskiet.
The Guardian berig nooddienste het Sondagaand omstreeks 19:30 reageer op ‘n oproep om hulp nadat ‘n minderjarige by ‘n woonstel in Houston beseer is.
Die dogtertjie was saam met vyf volwassenes, insluitend haar ma en stiefpa, toe haar jonger sussie ‘n gelaaide outomatiese vuurwapen geneem het en haar daarmee geskiet het.
The Guardian berig die volwassenes het almal gedink dat iemand na die kinders kyk, maar niemand het oor hulle toesig gehou toe hulle in die slaapkamer was nie.
Die meisie is op die toneel dood verklaar. Dit was nie dadelik bekend of een van die volwassenes aangekla sou word nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



