Sikloon Freddy terug in Mosambiek, Malawi

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Sikloon Freddy verloor momentum op pad na Limpopo, Mpumalanga

Sikloon Freddy is terug in Mosambiek en Malawi na dit Saterdag weer sy opwagting daar gemaak het.

Minstens 56 mense is al dood as gevolg van sikloon Freddy. Die plaaslike polisie het gesê 51 mense in Malawi, insluitend 36 in Chilobwe, het omgekom en verskeie ander mense is vermis of beseer.

Vyf mense is sedert Saterdag in Mosambiek dood. Die polisie in albei lande het gesê hulle vermoed die dodetal gaan styg.

Sikloon Freddy het die rekord gebreek vir energie wat in ‘n sikloon bymekaargekom het en is een van die siklone wat nog die langste gehou het. Freddy behoort na verwagting Woensdag te verswak en terug te trek oor die see.

Bronne: Sky News, The Oneida Daily Dispatch, The Citizen

Lees ook: Sikloon Freddy verloor momentum op pad na Limpopo, Mpumalanga