LEES OOK: Jacques Potgieter deel foto van seun by eerste bulletjie-rugbywedstryd
Paramedici van Emer-G-Med het Donderdagaand ‘n oproep ontvang van ‘n passasier wat op ‘n gewilde passasiersbus vanaf Durban na Johannesburg op pad was.
Volgens inligting het die persoon wat nooddienste in kennis gestel het, gesê die busbestuurder het ‘n mediese noodgeval gehad en het van die pad afgetrek.
Paramedici is dadelik na die toneel ontbied.
Die bestuurder is met paramedici se aankoms op die toneel dood verklaar.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



