Lees ook: Verdagtes in hegtenis vir moord op verkeersbeampte
’n Zimbabwiese reeksmoordenaar en verkragter is agt lewenslange vonnisse opgelê met ’n addisionele 88 jaar tronkstraf.
Themba Prince Willards Dube (36) is in die Polokwane-hooggeregshof gevonnis vir twee aanklagtes van verkragting, ses aanklagtes van moord, vyf aanklagtes van roof, een aanklagte van diefstal, een aanklagte van besit van gesteelde goedere, een aanklagte van afpersing en een aanklagte van onwettige immigrasie.
Dube is vrygespreek op een aanklagte van moord, vyf aanklagtes van verkragting, twee aanklagtes van roof en sewe aanklagtes van ontvoering.
Dube is in Oktober 2021 in hegtenis geneem na hy gevang is met die selfoon van ’n vrou wat ontvoer is. Hy was in aanhouding toe die liggame van vier vrouens in verskillende plekke gevind is. Van die slagoffers se gesteelde besittings is in Dube se gehuurde kamer gevind.
Dube het die slagoffers werk belowe en hulle dan na op verskeie plekke na bosse geneem waar hy hulle verkrag, beroof en vermoor het.
Bronne: IOL, Zim. Live, Briefly, Sowetan LIVE
Lees ook: Werkers van elektrisiteitkontrakteur vermoor in Germiston



