Harvey Weinstein sal nie herverhoor word op verkragtingaanklagte nie

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Harvey Weinstein tot 16 addisionele jaar tronkstraf gevonnis

Aanklaers in Los Angeles het besluit teen die herverhoor van Harvey Weinstein op die aanklagtes teen hom ná die jurie nie oor twee vrouens se aanklagte kon ooreenstem nie.

Die jurie kon nie ooreenstem op die aanklagtes van verkragting en seksuele aanranding van Jennifer Siebel Newsom en die aanklagte van seksuele aanranding van Lauren Young nie.

Die aanklaer het Dinsdag verduidelik dat ‘n herverhoor slegs nog ‘n jaar by Weinstein se tronkstraf sal voeg indien hy skuldig bevind sou word.

Harvey Weinstein is skuldig bevind op die ander aanklagtes en 16 jaar is by sy New Yorkse vonnis van 23 jaargevoeg.

Bronne: Fox News, Los Angeles Times, CBS News

Lees ook: Harvey Weinstein tot 16 addisionele jaar tronkstraf gevonnis