Vrou op plaas oorval en vasgebind enkele ure na ander voorval

Deel hierdie storie / Share this story

Tisha Myburgh is Maandag 13 Maart 2023 in die vroeë oggendure, ongeveer 01:00, in ‘n kothuis op Vogel Vallei-plaas in Botrivier, Wes-Kaap, aangeval.

Die moontlikheid dat dit met ‘n ander voorval wat slegs ongeveer twee uur vantevore in dieselfde area plaasgebind het, verbind kan word, word ondersoek.

Myburgh was glo besig om televisie te kyk, toe verdagtes wat aan dieselfde beskrywing as dié van die vorige voorval volddoen, en ook met balaklawas as vermomming, haar oorval en vasgebind het. Twee televisiestelle, juwele en ander klein items is uit die huis vermis.

Myburgh kon haar glo teen 06:00 loswikkel en hulp van haar suster kry. Haar suster het die vrou van Paul Swanepoel van die vorige aanval by die hospitaal bygestaan en eers om 04:00 tuis gekom. Sy was nie bewus van die aanval op haar suster nie, alhoewel hulle haar 24:00 die vorige aand geskakel het om te hoor of alles in die haak is.

Lt.kol. Malcolm Pojie het die voorval bevestig en dat dit in dieselfde area is.

Na bewering het vier onbekende verdagtes met balaklawas as vermomming die huis binnegegaan en die vrou gedreig. Haar hande is glo met stukke van ‘n geskeurde kombers vasgemaak en haar mond toegemaak voordat haar juwele met geweld van haar verwyder is.

Hulle het glo hierna met ‘n paar huishoudelike items van die toneel gevlug. ‘n Saak van huisroof word ondersoek.

Die vrou het nie sigbare beserings opgedoen nie, maar was in ‘n geskokte toestand.

Enigiemand wat inligting het aangaande die twee voorvalle kan onverwyld met die polisie by die Caledon-speurders in kontak kom by 028 214 5660 of Stop Misdaad by 08600 10111.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel