Lees ook: Verdagtes in hegtenis vir moord op verkeersbeampte
‘n Man het ‘n appèlsaak in Pretoria gewen om kontak met sy eks-meisie se kind (6) te kan behou.
Die man en die vrou het op Tinder ontmoet toe sy reeds swanger was. Hulle het ‘n jaar na haar kind se geboorte saam ingetrek en vir twee jaar saam gebly, waarna hulle uitgemaak het.
Die ma het eers ingestem dat die man met haar seun kan kontak behou, maar sy het dit later beëindig.
Die man het die ma hof toe geneem en gesê hy wil gesamentlike toesig oor die seun hê. Die ma het aan die hof verduidelik dat sy die kontak tussen die man en haar seun afgesny het, want die man het haar seun in gevaar gestel deur hom op ‘n motorfiets te laat ry, in ‘n snelboot te laat ry en vir swemlesse te neem sonder om haar te sê. Hy het ook ‘n verjaarsdagpartytjie vir die seun gereël en hom toegegooi met geskenke, wat ‘n wig tussen haar seun en sy ouer broer (13) ingedryf het.
Die hof het aanvanklik beslis dat die man nie kontak moet hê met die seun nie, maar die regter in die appèlsaak het op die teendeel besluit. ‘n Sielkundige sal betrokke wees voor daar besluite geneem word oor gesamentlike toesig.
Bronne: IOL, VN Explorer
Lees ook: Tieners in hegtenis vir kabeldiefstal



