Kind (5) sterf aan hondsdolheid in KwaZulu-Natal

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Tieners in hegtenis vir kabeldiefstal

’n Seun (5) is onlangs aan hondsdolheid in KwaZulu-Natal oorlede.

Die LUR van die KwaZulu-Natalse departement van landbou en landelike ontwikkeling, Super Zuma, het die familie besoek en gevra gemeenskappe moet saam met die departement werk en hulle diere laat inent.

Hy het ook gesê dat mens die wond moet was waar jy gebyt is en ‘n kliniek moet besoek vir ’n inenting teen hondsdolheid.

Zuma het ook gesê dat verskeie gevalle van hondsdolheid in Pinetown, Mpumalanga en Cato Ridge rapporteer is. Daar is ook meer as 26 gevalle in eThekwini Metro in Januarie aangemeld.

Bronne: IOL, ECR, The Citizen

Lees ook: Tieners in hegtenis vir kabeldiefstal