Lees ook: Verdagte brand terwyl hy glo kabel probeer steel in Alexandra
Drie tienerseuns is Maandag in Ekurhuleni in hegtenis geneem vir kabeldiefstal nadat hulle in besit van twee rolle koperkabels gevind is.
Die seuns is tussen die ouderdomme van 14 en 16.
Die seuns het ‘n panga, lem, handskoene en twee rolle koperkabels in hulle besit gehad toe hulle in hegtenis geneem is. Die seuns het glo gesê daar was vyf van hulle, maar die ander twee het weggehardloop. Die ouers van die seuns is gebel en het hulle kinders vergesel terwyl hulle aan die SAPD oorhandig is.
Die drie seuns kan aangekla word van diefstal en die besit van items wat gebruik word vir noodsaaklike infrastruktuur.
Bronne: IOL, African News Agency, Reddit
Lees ook: Verdagte brand terwyl hy glo kabel probeer steel in Alexandra



