Lees ook: Verdagtes in hegtenis vir moord op verkeersbeampte
‘n Verdagte wat gebrand het toe hy na bewering ‘n kabel in Alexandra probeer steel het, is in hegtenis geneem.
Die verdagte is deur die polisie gered van woedende inwoners wat hom wou slaan omdat hy hulle kragprobleem wou vererger terwyl hulle reeds dae sonder krag is omdat mense kabels steel.
Volgens die polisiewoordvoerder is die verdagte besig om vir sy lewe te veg in polisieaanhouding. Die woordvoerder het gesê City Power-spanne en kontrakteurs was besig om ‘n kabelfout reg te maak toe die verdagte slegs ‘n paar meter van hulle ‘n koperkabel probeer sny het om dit te steel.
Die verdagte het nie geweet die kabel was “lewendig” en besig om elektristieit te voorsien aan kliënte nie. Die kabel het opgeblaas en die verdagte se bolyf en gesig verbrand.
Hy word aangekla van peuter met en die gepoogde diefstal van noodsaaklike infrastruktuur, asook ander verwante misdade.
Bronne: IOL, Briefly, News24
Lees ook: SAPD op hulle hoede in aanloop tot nasionale stilstand



