Lees ook: Sekuriteitswag skuldig bevind aan moord op eks en haar ma
Polisie in Mpumalanga het twee verdagtes in hegtenis geneem in verband met die moord op ’n verkeersbeampte vroeër die maand.
Judas Chiloane was op 11 Maart in ’n voertuig parkeer tussen Hazyview en Graskop toe twee mans uit die bosse gekom het en hom en sy vriendin beroof het. Die verdagtes het Chiloane se vuurwapen gevat en hom geskiet. Hy is op die toneel dood verklaar.
Die ondersoek is nog aan die gang. Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.
Bronne: IOL, African News Agency



