Limpopo-sakeman dood in vermeende “bendespeletjie”

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Nadia Nakai deel laaste boodskappe met AKA wat hy nooit kon sien nie

‘n Bekende Limpopo-sakeman van Phalaborwa is dood, vermoedelik na ‘n “speletjie” deur ‘n lid van ‘n bende.

Hannes van Dyk (59) is Saterdag 11 Maart by die Royal Bliss Bar aangeval. Hy is tussen die oë met ‘n elmboog geslaan en is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Volgens News24 is die “speletjie” se naam “drop a toppie”. Hulle kies glo “ou toppies” by ‘n drinkplek en veroorsaak ‘n argument. Dan val hulle die man aan. Daar was glo voorheen soortgelyke voorvalle. Die polisie is besig met ‘n ondersoek.

Eugene Mulder (19) is vir die moord op Van Dyk in hegtenis geneem en sal weer Donderdag in die hof verskyn.

Bronne: IOL, African News Agency, VN Explorer

Lees ook: Verdagtes in hegtenis vir moord op verkeersbeampte