Nadia Nakai deel laaste boodskappe met AKA wat hy nooit kon sien nie

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Duisende teken petisie wat geregtigheid vir AKA eis

AKA se meisie Nadia Nakai het haar hartseer op sosiale media gedeel en erken dat sy sukkel om die kletsrymer se dood te aanvaar.

Nadia Nakai het Maandag die laaste gesprek wat sy met AKA, regte naam Kiernan Forbes, gehad het, op sosiale media gedeel.

Nakai het ‘n skermgreep gedeel van hulle laaste boodskappe waar hulle vir mekaar gesê het om veilig te wees. Hy het haar daardie middag laat weet hy is in Durban en dat hy op pad na die hotel is.

Omtrent 10:15 daardie aand het sy vir hom ‘n boodskap gestuur om te vra vir sy liedjie Mbuzi van sy nuwe album en later het sy hom laat weet waar sy is, maar AKA kon nooit die boodskappe lees nie.

AKA en sy vriend Tebello “Tibz’ Motsoane is 10 Februarie doodgeskiet buite die Wish-restaurant in Durban in ‘n vermoedelike sluipmoord waarvan AKA die teiken was.

Bronne: IOL, Briefly, ECR

Lees ook: Duisende teken petisie wat geregtigheid vir AKA eis