Lees ook: #JusticeforAKA ‘trend’ terwyl aanhangers antwoorde soek
Minstens 10 000 mense het al ’n petisie geteken wat geregtigheid vir Kiernan “AKA” Forbes, eis.
Die petisie is gerig aan die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, die nasionale polisiekommissaris en polisieminister en sê dat mense keelvol is vir die misdaadvlakke in die land.
Die vrou wat die petisie begin het, Lelo N, het vertel hoe ’n huurmoordenaar by hulle huis ingekom het en haar pa verskeie kere geskiet het. Haar pa was ’n kwadrupleeg daarna en is jare later dood aan nierversaking. Sy het gesê geregtigheid moet geskied en misdadigers moet gevang word.
AKA en Tebello “Tibz” Motsoane is verlede maand buite die Wish-restaurant doodgeskiet in ’n vermoedelike sluipmoord waarvan AKA die teiken was.
Bronne: IOL, Briefly, VN Explorer
Lees ook: #JusticeforAKA ‘trend’ terwyl aanhangers antwoorde soek



