Jong Upington-rugbyspeler sterf na besering tydens wedstryd

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Albie ontslaan na gru-ongeluk in 2022 wat niggies se lewens eis

Deandro Titus, jong rugbyspeler van Upington, is Sondag in die hospitaal in Kimberley oorlede na ‘n rugbywedstryd op 25 Februarie waartydens hy beseer is.

Deandro wat op Saterdag 25 Februarie 2023 tydens ʼn rugbywedstryd tussen DFC en Groblershoop op Upington ernstig beseer is, is op Sondag 5 Maart in Kimberley oorlede.

Deando het nr. 6 flank vir DFC gespeel en was op Upington woonagtig, sê Kat Swanepoel, GWRU: Amateur Rugbybestuurder.

Hierdie is die eerste sterfgeval van ʼn speler wat tydens ʼn rugbywedstryd beseer is in Griekwaland-Wes Rugby Unie se geskiedenis.

“Die Griekwaland-Wes Rugby Unie en Bestuur wil hulle innige meegevoel teenoor die familie en DFC Rugby Klub uitspreek.

“Ons vertrou dat die goeie herinneringe aan Deandro in hierdie moeilike tyd as vertroosting sal dien.” – Griquas Rugby, Facebook

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel