Dis nou jou geleentheid om 'n huis in die pragtige Milnerstraat in Kimberley te besit. Dié vierslaapkamerhuis het nounet in die mark gekom. Die huis is in 1895 gebou, met hoë plafonne en houtvloere. Die huis het vier slaapkamers, twee badkamers, een vrystaande bad, stort, oopplan leefarea, met 'n groot eetkamer en sitkamer. Die groot skuifdeure maak oop op 'n lowergroen grasperk en blou swembad. Die huis het 'n stoep, waar jy jou oggendkoffie kan geniet met die bries van die wind deur die bamboese en voëls wat sing. 'n Kaggel vir die koue Noord-Kaapse wintersaande en 'n nuut opgeknapte kombuiste met Iceberg Eeziquarts voeg by tot dié huis se sjarme. 'n Opwaskamer vir kruideniersware en 'n spasie vir die mooiste boekrak rond die deurloop af. Die huis het 'n vrystaande motorhuis, met ingang vanaf die agterste laning. Die laing is aan beide kante toegemaak met hekke. Daar is ook 'n motorafdak in die laan vir ekstra parkeerplek. 'n Bykomende kamers, met 'n badkamer, kan óf as 'n buitekantoor of 'n woonstel gebruik word. Die huis het sekuriteit reg rondom en 'n kamera aan die agterkant van die huis. Prys: R3.8 miljoen. Bel Madelein Rudmann van Mads Properties by 083 995 5799 vir besigtiging of klik hier vir meer foto's. Alleenmandaat.



