Lees ook: Verdagte brand terwyl hy glo kabel probeer steel in Alexandra
Die polisie in Ekurhuleni het ‘n man (36) in hegtenis geneem na hulle gesteelde Simba-chips ter waarde van R1.2 m. by hom gekonfiskeer het,
Die woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisiedepartement (EMPD) het gesê ‘n Isuzu-trok wat die aartappelskyfies afgelewer het, is gekaap en was soek.
Op Dinsdag 14 Maart het die EMPD die verdagte met die Simba-chips op Putfontein onderskep en hy is in hegtenis geneem. Die verdagte het gesê die aartappelskyfies is aan hom deur twee onbekende mans gegee.
Die chips is teruggee aan die regte eienaar en die verdagte kan aangekla word van diefstal en moontlik die kaping van die trok. Die verdagte sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.
Bronne: IOL, VN Explorer, Soeknet
Lees ook: Tieners in hegtenis vir kabeldiefstal



