Boer doen kopbeserings op toe hy plaasaanval afweer

Deel hierdie storie / Share this story

Paul Swanepoel (57), sy vrou en skoonma is glo Sondag 12 Maart 2023 om 22:00 in hulle huis op Hermanus Valley plaas in Botrivier aangeval.

Die twee vroue was na bewering besig om televisie te kyk toe vier gewapende, vermomde mans die huis op die eerste vloer binnegegaan het.

‘n Geveg het glo tussen die verdagtes en die boer, wat teruggeveg het, ontstaan, waartydens hy met verskeie voorwerpe aangerand is. Die geveg het tot in die tuin beweeg. Skote is glo afgevuur, maar geen persoon is getref nie.

Die beseerde boer, wat ook bewapen was, kon die aanval afweer. Die boer het kopwonde opgedoen nadat hy met stokke en moontlik ‘n klip aangerand is. Die verdagtes het met ‘n selfoon gevlug.

Die boer is vir mediese hulp na die Hermanus Mediclinic geneem. Hy is die volgende dag ontslaan.

Lt.kol. Malcolm Pojie het die aanval bevestig en gesê dat die Caledon-polisie ‘n huisroof ondersoek.

Die verdagtes is nog op vrye voet.

Enigiemand wat inligting oor die insident het kan Caledon-speurders kontak by 028 214 5660 of Stop Misdaad by 08600 10111.

Die vermoede dat die saak met nog ‘n voorval wat slegs ure daarna plaasgevind het verbind kan word, word ondersoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel