Werkers van elektrisiteitkontrakteur vermoor in Germiston

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Man dood in verbyryskietery in Wentworth terwyl hy ma besoek

Die stad van Ekurhuleni het die moord op vier werkers van ‘n elektrisiteitskontrakteur veroordeel nadat hulle Maandag gesteek is en hulle voertuig in Germiston aan die brand gesteek en van ’n brug afgestoot is.

Die stad het in ’n verklaring gesê ’n werker het vir hulp gevra van kontrakteurs by AH Germiston nadat hy ’n groep gemeenskapslede op die brug gesien het. Toe die ander werkers daar aankom, het die gemeenskapslede hulle voertuig van die brug afgestoot en aan die brand gesteek.

Die gemeenskapslede het glo toe die werkers aangeval met verskeie voorwerpe wat hulle dood veroorsaak het.

Dit is onduidelik hoekom hulle aangeval is. Die stad het gesê geen werk sal in die gebied gedoen word tot die veiligheid van die werkers gewaarborg is nie.

Bronne: eNCA, Ekurhuleni.gov, The Citizen, IOL

Lees ook: Man dood in verbyryskietery in Wentworth terwyl hy ma besoek