Skole ontvang vrugtebome van AfriForum

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Ma (34) en seuntjie (3) sterf toe vragmotor hul stilstaande motor tref

AfriForum se Witbank-tak het op 13 Maart verskeie vrugtebome aan skole in Emalahleni geskenk.

Tydens dié projek is 21 vrugtebome aan twee skole in die Emalahleni-omgewing geskenk. Die verskeidenheid bome sluit in: lemoen (Citrus sinensis); geel-perske (Prunus persica); suurlemoen (Citrus limon); pruim (Prunus domestica); avokadopeer (Persea americana); luiperd (Caesalpinia ferrea); apiesdoring (Senegalia galpinii); vanwykshout (Bolusanthus speciosus); gewone koraal (Erythrina) en huilboerboon (Schotia brachypetala). Dit volg nadat die Witbank-tak die skole gekontak het om vas te stel wat die skole benodig. Daar is alreeds 18 bome aan Laerskool Panorama geskenk en drie aan Vinkel en Koljander-kleuterskool.

“Bome is nie net ’n lafenis vir die siel nie, maar hulle is verantwoordelik vir die suurstof wat ons elke dag inasem en is ook vir die leerders ’n goeie voorbeeld van deursettingsvermoë,” sê Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir AfriForum Hoëveld.

 “Die besluit om vrugtebome te skenk, is geneem omdat hierdie bome meerdoelig is. Behalwe vir die skaduwee wat dié bome in die toekoms gaan bied, kan die vrugte ook in die betrokke skole se voedingsprojekte gebruik word. Ons wil graag die projek uitbrei en moedig ander skole aan om met ons te skakel,” sê Sarel van Heerden, ondervoorsitter van AfriForum se Witbank-tak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel