Kedibone Albert Langa (38), ‘n lid van die SANW en ‘n makker, Thabani Sibanda (28) van Zimbabwe, het gister in die Louis Trichardt-landdroshof in Limpopo verskyn omdat hulle glo deel was van die verdagtes wat ses verhoorafwagtende gevangenes wat deur die polisie vervoer is, ontset het.
Brig. Motlafela Mojapelo sê lede van die Limpopo-polisie se opsporingsspan saam met die moord-en-roofeenheid het die twee inhegtenisnemings uitgevoer.
Die voorval het op 13 Maart 2023 op die Vivopad plaasgevind. Polisielede het die ses verhoorafwagtendes van Makhado- korrektiewe diense na Senwabarwana vervoer toe hulle glo deur gewapende verdagtes oorval en die ses ontset is.
Die twee verdagtes is vir hul betrokkenheid op die aand van 14 Maart op Musina aangekeer en het op 15 Maart in die hof verskyn. Hulle sal in aanhouding bly tot 22 Maart 2023 tot die saak weer in die hof aangehoor word.
Hulle word aangekla vir hulpverlening, samweswering om ‘n misdaad te pleeg, regsverydeling, opsetlike saakbeskadiging en die afvuur van ‘n vuurwapen.
Die twee motorvoertuie wat beskryf is tydens die misdaad, ‘n grys Mecedes Benz en ‘n wit Toyota bakkie, is met hul inhegtenisneming gevind en daar is op beslag gelê.
Inligting het die span na die verdagtes gelei. Daar word geglo dat Sibanda die broer van een van die ontsnaptes is.
Die verdagtes is steeds op vrye voet:
▪️Forward Shumba aged 26
▪️Shingirai Nyandome aged 32
▪️Brilliant Sibanda aged 26
▪️Erick Sithole aged 35
▪️Moses Zambara aged 32
▪️Alex Nkomo aged 35
Lt.genl. Thembi Hadebe, Limpopo se provinsiale kommissaris, het die lede geprys vir die effektiewe arrestasies en het die publiek versoek om inligting te deel indien hulle sou weet waar die ses hulle bevind.
Enigiemand met inligting kan kol. Nyelisani Mabatha by 082 565 8171, of alternatiewelik Stop Misdaad by 08600 10111 of op die MySAPSApp kontak.
Anyone with information should contact Colonel Nyelisani Mabatha on 082 565 8171, the crime stop number 0860010111 or may send the message via MySAPSApp.
Lees ook.


Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



