‘n Soektog is deur die polisie in Limpopo geloods na ‘n groep gewapende verdagtes wat Maandagoggend 13 Maart 2023 die voertuig waarmee ses verhoofafwagtende gevangenes vervoer het, aangeval en die gevangenes ontset het.
Brig. Motlafela Mojapelo sê daar is glo op die polisiebeamtes geskiet voordat die ses Zimbabwese verhoorafwagtendes ontsnap het. Dit het op die Vivo-pad langs die eerste Schoemansdal-afdraai buite Louis Trichardt in Limpopo plaasgevind.
Die volgende verhoorafwagtendes het daarin geslaag om te ontsnap:
▪️Forward Shumba (26)
▪️Shingirai Nyandome (32)
▪️Brilliant Sibanda (26)
▪️Erick Sithole (35)
▪️Moses Zambara (32)
▪️Alex Nkomo (35)
Hulle het in ‘n grys Mercedes Benz en ‘n wit Toyota-bakkie gevlug.
Die eerste van die vyf verhoorafwagtendes is vir roof met verswarende omstandighede, drie sake van poging tot moord en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie in hegtenis geneem. Die laaste gevangene was verhoorafwagtend vir diefstal van kabels.
Lt.genl. Thebi Hadebe het die mobilisasie wat die lugvleuel insluit beveel om hierdie ontsnaptes en die verdagtes wat by die ontsetting betrokke was, te soek. Die publiek word gewaarsku om hulle nie te nader nie, aangesien hulle as gevaarlik beskou word.
Enigiemand met inligting van waar die ses hulle bevind, kan met kol. Nyelisani Mabatha kontak maak by 082 565 8171.
Alternatiewelik kan Stop Misdaad by 09600 1011 of die MySAPSApp gebruik word.






Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



