Vier polisiebeamptes vas vir beweerde roof

Deel hierdie storie / Share this story

Vier polisiebeamptes is Dinsdag 14, Maart 2023 in hegtenis geneem vir ‘n beweerde roof wat op 8 Maart 2023 in Motema-polisiëringsarea buite Groblersdal in die Sekhukhune-distrik, Limpopo, plaasgevind het.

Brig. Motlafela Mojapelo sê die vier verdagtes was op 8 Maart aan diens en in ‘n gemerkte polisievoertuig toe hulle na bewering drie ongedokumenteerde buitelanders by ‘n OTM by die mall op Groblersdal raakgesien het. Die mans was besig om geld te onttrek.

Die lede het hulle na bewering genader en hul paspoorte geëis. Die mans kon nie paspoorte toon nie en hulle is in hegtenis geneem en in die polisievoertuig gelaai.

Terwyl hulle gery het, het die lede glo gestop en met geweld R5 000 van die mans afgeneem en daarna vir hulle R60 gegee om met ‘n taxi huis toe te ry. Die klaer het die voorval by Motetema-polisiestasie gaan aanmeld.

‘n Taakspan is dadelik saamgestel om die voorval te ondersoek en die lede op te spoor. Die saak is verder deur die provinsiale eenheid vir anti-korrupsie ondersoek, waarna ‘n lasbrief vir die inhegtenisneming van die lede uitgereik is. Die lede is by hul werksplek in hegtenis geneem terwyl hulle aan diens was.

Lt.genl Thembi Hadebe het die arrestasies verwelkom: “The arrest of these members should send a clear message that the SAPS in this province does not tolerate any form of criminality, regardless of who is the perpetrator. The majority of police members in this province are loyal, dedicated and passionate about their policing services and, decisive steps are taken against those who go astray.”

Die verdagtes tussen die ouderdomme van 31 en 36 sal vandag op ‘n klagte van roof in die Groblersdal-landdroshof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel