LEES OOK: Motor ry van pad af en beland teen muur
Die agtjarige Kuhlesibonge Lwandile Gumede se liggaam is op 5 Maart vanjaar in ‘n informele woning in KwaMashu gevind.
Volgens Women For Change is sy verkrag ook.
Gumede was glo alleen met haar niggies by die huis toe die aanval plaasgevind het. Haar ma was glo by ‘n kerkdiens en het haar dogter saam met haar niggies en haar sussie alleen by die huis gelos. Gumede se sussie het toe glo na ‘n nabygeleë winkel gegaan terwyl die kinders alleen by die huis agtergebly het.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



