Tronkbewaarder wat vrou glo vermoor uit op borg

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Man in hegtenis wat glo eks se suster verkrag

Thuso Phora (32), die tronkbewaarder wat van die moord op sy vrou beskuldig word, is in die Mamelodi-landdroshof op R5 000 borg vrygelaat.

Phora het voorheen vir die hof gesê hy het sy vrou, Phenderia Botshelo Phora, herhaaldelik oor die kop geslaan en toe verwurg uit selfverdediging. Hy het gesê sy het hom mishandel en wou nie help om te kyk na hulle dogter nie.

Volgens die NPA het Phora en Phendaria op 2 Januarie ’n argument gehad na sy hom seks geweier het. Tydens die argument het hy haar oor die kop geslaan, met ’n kabel verwurg en gevlug.

Phora is op 3 Januarie in hegtenis geneem by die Tshwane-distrikshospitaal na hy selfdood probeer pleeg het.

Phora het gevra om op borg vrygelaat te word sodat hy na sy siek dogter kan kyk. Hy is ook bang dat hy sy werk by die departement van korrektiewe dienste sal verloor, wat sal veroorsaak dat hy nie meer ’n mediese fonds het om na sy dogter om te sien nie.

Bronne: IOL, Sowetan LIVE, VN Explorer

Lees ook: ‘Nog geen arrestasies in AKA-moordsaak maar daar is vordering’ sê Bheki Cele