‘Nog geen arrestasies in AKA-moordsaak maar daar is vordering’ sê Bheki Cele

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Selfoonrekords kan help in AKA-moordondersoek

Die polisieminister Bheki Cele het gesê daar is vordering gemaak in die ondersoek na die moord op Kiernan “AKA” Forbes.

Tydens ’n polisiebesoek Donderdag in Gauteng het Cele gesê daar is vordering in die moordondersoek gemaak, selfs al is daar nog nie iemand in hegtenis geneem nie.

Verlede week het die provinsiale polisiewoordvoerder aan IOL gesê hulle is vol vertroue dat hulle die moordenaar sal vang.

AKA is in Februarie van naby af geskiet buite ’n restaurant in Durban in ’n beweerde sluipmoord. Sy vriend Tebello “Tibz” Motsoane is ook doodgeskiet in die voorval doodgeskiet.

Bronne: IOL, VN Explorer, Times LIVE

Lees ook: Selfoonrekords kan help in AKA-moordondersoek