Vermiste vrou stuur stemboodskap met selfdooddreigement

Deel hierdie storie / Share this story

Die gemeenskap se samewerking word gevra om die vermiste 26-jarige Yashodree Govender op te spoor na ‘n sensitiewe stemboodskap waarin sy dreig om haar lewe te beëindig aan haar swaer gestuur is.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê Govender se tannie het lede Donderdag gekontak om hulp te vra om haar op te spoor. Volgens die tannie het Govender glo ‘n boodskap aan haar swaer gestuur. In die baie sensitiewe stemboodskap van 51 sekondes dreig ‘n emosionele Govender om haar eie lewe te neem.

Daar word vermoed dat Govender vir jare reeds die slagoffer van huishoudelike geweld is en dat dit die rede vir haar selfdoodneigings is. Govender het van haar huis in Clayfield, Phoenix, gevlug en is glo vanoggend om 09:00 in Verulam-CBD gewaar.

Enigiemand met inligting kan Rusa by 086 1234 333 kontak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel