Demi-Lee Moore en Barthlo Visagie is op 7 Januarie 2023 getroud, nadat hulle op 8 Desember 2020 verloof geraak het.
Hul troudatum hou vir Demi-Lee ‘n besondere betekenis in. Sy het dit op sosiale media gedeel.
Sy vertel van haar aanvanklike idee wat sy vir hul troue gehad het en twyfel wat ingetree het weens voorspelde weersomstandighede. Sy het daarna besluit om die Here te glo en te vertrou om vir hulle die perfekte troue te gee.
Jy kan dit hier onder lees:
07.01 | ons getuienis
7 was nog altyd my nommer. Die volmaakte nommer. My lewe lank was 7 altyd ‘n herinnering dat as dit die Here se plan is, sal dit natuurlik uitwerk.
en vir my, die datum 07.01 – ‘n herinnering dat God (07) altyd eerste (01) in ons huwelik moet wees.
toe ons op ‘n nuwe datum moes besluit na Covid was dit asof hierdie datum vir ons bedoel was.
ek het lank gebid oor hierdie dag.
my droom was om buite te trou, onder die sterrenag met ligte en musiek en dans tot in die laat nag.
natuurlik in die Kaap kan ‘n mens nooit seker wees oor die weer nie – daai wind.
ek het die weer by die ure dopgehou vir meer as ‘n week voor die troue. 2 dae voor ons troue het die weer gelyk of dit draai,
van 8h die aand sou die wind verskriklik begin waai en al die “suppliers” en die venue het aanbeveel ons skuif die troue na binne.
ek onthou ek was so gespanne, toe besef ek, ek bid dan al maande vir hierdie dag.
ek GLO al maande dit gaan uitwerk.
hoe kan ek glo, maar nie vertrou nie?
ek kan nie glo als gaan perfek wees en dan als na binne skuif “net vir ingeval nie” – waar is my vertroue dan?
ek maak toe die besluit dat ons steeds voortgaan met die troue buite. die aand voor die troue het die wind so gewaai maar ek het bly glo…
ons troudag was PERFEK. alles. dit was windstil.
daar was nie eers ‘n briesie 8h die aand nie.
nie een kers was in ‘n glashouer nie en hulle het die hele aand gebrand.
ons vriende het vir ons gebid en gesing, ons het gedans en geleef onder daai discoballe.
dankie Jesus dat U my weer laat besef het wat die woord “faith” werklik beteken.
dankie vir die lekkerste dag van ons lewens en dat ons U teenwoordigheid in elke aspek kon voel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



