Lees ook: Gerhard Ackerman erken tot seks met 16-jarige
Die beweerde sekskringbaas Gerhard Ackerman het gesê die kinders wat by sy masseerbesigheid gewerk het, het geweet hulle gaan ou mans moet masseer en toelaat dat hulle aan hulle vat.
Hy het in die Johannesburgse hooggeregshof gesê dat net een seun nie geweet het dat hulle vir die kliënte ’n “happy ending” moet gee nie. Hy het ook gesê dat dit die manier van massering in die “gay wêreld” is en dat hulle nie na hom toe sou kom as dit nie deel uitgemaak het van die massering nie.
Hy het ook gesê dat hy nie die seuns uitgebuit het nie; hy het hulle gehelp om geld te maak.
Ackerman staan tereg op 738 aanklagtes van mensehandel, verkragting, die vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie en poging tot moord. Sy mede-beskuldigde regter Paul Kennedy het selfdood gepleeg.
Argumente sal op 7 Maart begin.
Bronne: Sowetan LIVE, The Citizen



