Lees ook: Bevestig: AKA dood in sluipmoord
Die polisie in KwaZulu-Natal het gesê dat selfoonrekords glo kan help om verdagtes wat die dood van die kletsrymer AKA en sy voormalige bestuurder Tebello “Tibz” Motsoane gereël het, met die moord te verbind.
AKA, regte naam Kiernan Forbes, en Tibz is op 10 Februarie buite die Wish-restaurant in Durban geskiet.
Die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, het Vrydag bevestig dat selfoonrekords versamel is en verskeie mense in Gauteng en KwaZulu-Natal oor die moord ondervra is.
Mkhwanazi het gesê die polisie het nog niemand in hegtenis geneem nie, maar dat die identifikasie van mense in die CCTV-materiaal aan die gang is en dat die polisie moontlike verdagtes geïdentifiseer het.
Bronne: IOL, DFA
Lees ook: Bevestig: AKA dood in sluipmoord



