LEES OOK: Appel se dogter is vandag 8
Die Brits-buurtwag het op 18 Februarie inligting vanaf ’n AfriForum-lid ontvang dat twee verdagtes besig was om die treinspoor agter Lighthouse Christian College in Raasblaarstraat te beskadig.
Lede van AfriForum se Brits-buurtwag het hulle na die toneel gehaas en verskeie sekuriteitsmaatskappye soos Monitor Net, Protego, Secra, PPS en Transnet het ook hulp verleen. ’n Beskrywing van die verdagtes is uitgestuur en is sodoende sowat 500 meter verder op die treinspoor vasgetrek met die kabels nog in hul besit. Die verdagtes is daarna aan Transnet se veiligheidswagte oorhandig, wat ’n saak van diefstal by die Brits-polisiestasie geopen het.
“Hierdie is weereens ’n bewys van hoe samewerking tussen buurtwagte en sekuriteitsmaatskappye die gemeenskap se veiligheid kan bevorder. Dit dui ook op die belangrikheid van buurtwagstelsels en hoe effektief dit is om oë en ore op die grond te hê. Baie dankie aan almal wat reageer het en so gou op die toneel hulp verleen het,” sê Stephan Roos, voorsitter van die Brits-tak.
“Ons wil graag die gemeenskap vir al hul hulp bedank, saam maak ons ’n verskil,” sê Armand Viljoen, distrikskoördineerder vir Marico.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



