Kyk opnames hier:
Hewige reën het in Orkney en areas teen die Vaalrivier vloede veroorsaak.
Die Matlosana-munisipaliteit het ‘n verklaring uitgereik dat die situasie gemonitor word, aangesien watervlakke steeds styg.
Menige inwoner teen die rivieroewer moes reeds ontruim word. Onnoembare skade aan infrastruktuur is aangerig en nooddienswerkers en vrywilligers werk onverpoosd om almal veilig te hou en uit gevaarlike situasies te red.
Daar is reeds 18 families in die Matlosana-area ontruim.
Hulp word gevra met skoon drinkwater, emmers, kos, toilette en ander benodigdhede soos skottels om in te bad, matrasse, beddegoed, kragopwekkers en meer.
Fanie du Toit van die VF Plus het vanoggend in ‘n stemnota bevestig dat hy met Vaaldam gepraat het en dat daar met bevestiging geen meer sluise oopgemaak sal word nie.
Van die damme is reeds oor 110% kapasiteit.
Parys, Bloemhof, Standerton en vele ander areas is ook reeds ernstig geraak deur die vloede geraak.
Foto’s en video’s stroom in.
Indien jy enigsins kan hulp bydra tot dringende benodigdhede, maak asseblief kontak met pastoor Petro Kotze by 076 986 5919, of Orkney GPF.

Lees die verklaring hier:
HEAVY RAINS CAUSE FLOODING AT ORKNEY VAAL
Heavy rains during the last week has caused the Vaal river water level to increase and as a result, the Orkney Vaal and other areas along the Vaal River have flooded. According to the Assistant Director for Fire and Rescue, Mr Mpato, “The water level is still rising faster and areas like Schoonspruit bridge and the number 10 Shaft road is also a great concern. If the water continues to rise, the road between Orkney and Leeudoringstad could be closed.”
The City of Matlosana’s Fire and Rescue team is monitoring the situation and have evacuated 18 families during the weekend. No loss of lives has been reported. The nearby community has been helpful by providing buckets, food, water, toilets and other necessities.
The City of Matlosana will monitor the situation and an update will be issued as soon as there are new developments.
Issued by Communication and Marketing.
City of Matlosana Municipality.
Bronne: Disaster Flooding What’sApp en Foto groepe
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



