Onwettige elektrisiteitsaansluiting veroorsaak glo brand

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: ‘Ek wens vir hom die mooiste pad toe, al is dit nie saam met my nie,’ sê Meg na haar en Neels se paaie skei

‘n Informele huis is grootliks beskadig nadat dit Woensdagoggend in Mhlasini KZN aan die brand geslaan het.

Lede Reaction Unit South Africa (Rusa) is om 08:02 na die toneel uitgeroep. Met hul aankoms het inwoners reeds huishoudelike items uit die huis gedra. Beamptes en lede van die publiek het die brand met emmers water in bedwang probeer bring in ‘n poging om te verhoed dat die brand na naburige huise versprei.

’n Onwettige elektrisiteitsverbinding was vermoedelik die oorsaak van die brand.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel