Plaaswerker kritiek toe telefoonpaal op hom val

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Jong Upington-rugbyspeler sterf na besering tydens wedstryd

‘n Plaaswerker in sy 40’s het vanoggend kritieke beserings opgedoen nadat ‘n telefoonpaal waaraan hy gewerk het, op hom geval het.

Volgens ER24 het paramedici omstreeks 11:20 op die toneel op die plaas buite Potchefstroom aangekom. Die plaaswerker het op die grond gelê en het nie reageer nie nadat hy ‘n kritieke wond aan sy kop opgedoen het.

Hy is op die toneel behandel voor hy met ‘n helikopter na ‘n hospitaal geneem is vir verdere dringende behandeling.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel