‘n Ma (42) is Woensdagmiddag in Thompsonlaan, Verulam, KwaZulu-Natal, deur ‘n motor gestamp waar sy besig was om haar drie maande oue baba te wieg.
Reaction Unit South Africa het om 13:46 op die toneel aangekom. Die vrou het langs die pad gesit.
Die bestuurder van ‘n goue Toyota Corolla het aan die beamptes gesê hy het op ‘n grondpad gedraai toe ‘n kantspieëltjie die vrou met haar baba getref het. Volgens ooggetuies op die toneel het die ma met haar seun geval.
Paramedici het hulle geasseseer. Die baba is ongedeerd. Die vrou het sagteweefselbeserings aan haar regterbeen ogpedoen. Hulle is na ‘n mediese fasiliteit vervoer waar die vrou verdere behandeling kon ontvang.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



